Ludwig se Rose beveel ‘n mikro bio-organiese, mikrobiese misstofkombinasie aan vir tuine. Algemene vrae en antwoorde tesame met aanwendingsriglyne.

Ludwig Roses Farm With Explo Grow Microbial Bio Fertiliser 100 Ml

Foto: Ludwig se Rose 50ste verjaardag spesiale uitgawe van 100ml ExploGrow™ - (genoeg om 50 roosplante te laat feesvier).

Algemene Aanwendingsriglyne van ExploGrow™ op Rose

OPMERKING: Sou die aanwending van ExploGrow™ saamval met die aanwending van enige ander chemiese aanwending, word dit aanbeveel dat die ExploGrow™-aanwending toegedien word minstens drie dae na die chemiese applikasie. Dieselfde geld vir anorganiese misstowwe.

ExploGrow™ is ‘n buitengewoon komplekse, polimikrobiese samestelling van nuttige grondmikrobes.

Gevolglik: ExploGrow™ bevoordeel die roosplant gedurende al die stadiums van die groeiproses;

ExploGrow™ kan aangewend word op die (a) wortelsone, (b) blare en (c) op snypunte van onlangs gesnoeiede takke.

ExploGrow™ verbeter die beskikbaarheid en inname van voedingstowwe deur die plant. Ons bevel dus aan dat chemiese misstof verminder word met tussen 10 en 20%. Roosplante, en so ook ander blomplante sal meer blomme lewer met ExploGrow™ en die blomme is gewoonlik intens kleurvol.

Ludwig Roses Explogrow Microbial Bio Fertiliser Application And Grow Guide

Aanwending van ExploGrow™ op Rose


A. Wortelsone-aanwending vir Roostuine

Meng 10ml ExploGrow™ per liter water. Wend 100-200 ml van hierdie mengsel aan op die plant se wortelsone.

Vir die aanwending op groter plante wend meer van die mengsel aan om seker te maak die wortelsone word behoorlik gedek.

Opmerking:

  1. Die eerste wortelsone-aanwending kan direk na aanplanting gedoen word. Dit sal help om die oorplantingskok te verwerk en die roosplant help om in sy nuwe omgewing aan te pas. Wanneer die plant uitgehaal word vir oorplanting is dit raadsaam om van die ExploGrow™-mensel direk op die sigbare wortels aan te wend.
  2. Dit is voordelig om ExploGrow™ meer gereeld as hier aanbeveel, aan te wend. Maandelikse aanwendings gedurende die groeiseisoen is uiters voordelig.
  3. Indien die eerste aanwending, (Augustus), vir watter rede ookal nie aangewend is nie, kan dit na September geskuif word.

B. Spuitaanwending / blaarsone:

Meng 3ml ExploGrow™ per liter water. Spuit die mengsel direk op die blare, beide bo en onder die blare.

Na die snoeiproses: Nadat die plant gesnoei is, meng 20ml ExploGrow™ met 1 liter water en spuit op die takkies en snypunte soos onlangs gesnoei.

Ludwig Roses Farm With Explogrow Microbial Bio Fertiliser

Ludwig se Rose en Tuingroeiers Algemene Vrae en Antwoorde. (AVA)

Wat is ExploGrow?

ExploGrow™ is ‘n kragtige poli-mikrobiese mengsel van 17 voordelige grondmikrobes, in ‘n gekonsentreerde vloeistof, wat grondfunksies bevoordeel deur die verbetering van grondgesondheid en plantgroei.

ExploGrow™ is ‘n gesertifiseerde organiese produk, goedgekeur deur die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

Waarom die gebruik van ExploGrow™ op u rose en in u tuin?

  • Bestaan uit voordelige grond- en plantmikrobes;
  • Verbeter ontkieming en aanvanklike groeikrag;
  • Wortels is tipies dubbel die normale grootte;
  • Herstel die grond;
  • Optimiseer die beskibare chemiese voedingstowwe, en optimiseer die verbruik van plantvoedingstowwe;
  • Verminder waterbehoeftes van die plant (bevoordeel groei in droogtetoestande);
  • Veroorsaak aansienlike opbrengsverbetering in voedsel en blomproduksie,
  • Verbeter oesgehalte met inbegrip van verbeterde brixinhoud; (suikergehalte)
  • Bevorder volhoubare, gesonde en veilige tuinbou-aktiwiteit;
  • Effektief vir organiese boerdery in terme van EC 834/2007 and NOP regulasie.

Hoe verbeter die mikrobes in ExploGrow™ plantgroei?

ExploGrow™ mikrobes bevorder plantgroei deur die verbetering van grondstruktuur, pH en gesondheid deur die oplossing van noodsaaklike voedingstowwe (bv yster, fosfate en minerale), wat noodsaaklik is vir gesonde planttoestande.

Mikrobes en plante het ‘n simbiotiese verhouding deur die uitruil van voedingstowwe, hormone en natuurlike teenliggampies vir plantsuikers.
Van die mikrobes besit die vermoë om gifstowwe en swaar metale wat in die grond versamel het, te bioremidieer en om grondkatioonuiruiling te bevorder. Dit verhoed verdere uitloging en eutrofikasie.

Kan ExploGrow™ aangewend word in kombinasie met chemiese tuinmisstof?

Ja, ExploGrow™ kan aangwend word saam met chemiese misstof vir tuine.

Oor die algemeen, vir roos- en blomtuine beveel ons ‘n 10-30% vermindering van chemiese stowwe aan wanneer ExploGrow™ optimaal gebruik word.

Is ExploGrow™ ‘n voedingstof en/of bevat dit N-P-K?

N-P-K = 0-0-0, nietemin optimiseer, omskakel en stel ExploGrow™ voedingstowwe beskikbaar aan die plant en behou dit voedingstowwe in die grond.

Behalwe vir die koolstofdraer in ExploGrow™, bevat dit waardevolle grondmikrobes wat ‘n simbiotiese verhouding het met die plant. Die plant sal tot 30% van sy beskikbare energie spandeer om die wortelsone in staat te stel om voeding te verskaf aan die mikrobes. Die ExploGrow™-mikrobes beskerm nie net die plant teen spanning nie, maar voed ook die plant deur die behoud van en beskikbaarstelling van voedingstowwe in die grond.

Waarom die vermindering van chemiese insette in die grond, met die aanwending van ExploGrow™ ?

Daar is voldoende voedinstowwe in die atmosfeer en grond (bv stikstof, fosfor, en meer), wat nie normaalweg beskikbaar is vir plante nie agv die vorm waarin dit voorkom. ExploGrow™ bevat verskeie spesies mikrobes wat die ingeslote voedinstowwe kan oplos en beskikbaarstel aan die plant. Mikrobes wat hierdie funksie behartig word minder effektief as meer chemiese misstof toegedien word. Te veel chemie in die grond is nadelig vir die mikrobes en kan die effektiwiteit van ExploGrow™ verminder.

Kan ons nog onkruiddoder en plaagdoders aanwend saam met ExploGrow?

Ja, ExploGrow™ kan onmiddelik saam met hierdie stowwe aangewend word.

Nietemin beveel ons aan dat ExploGrow™ minstens 3 dae na die aanwending van plaag en onkruiddoders aangewend word om nie die effektiwiteit van ExploGrow™ te benadeel nie.

Kan ons swamdoders aanwend saam met ExploGrow?

Nee, tuinswamdoders is direk nadelig vir die ExploGrow™mikrobes en sal die effektiwiteit van die produk benadeel.

Kan ExploGrow™ mikrobes in uiterste toestande oorleef? (droë grond en grond met beperkte vog)?

Ja, maar ons beveel aan dat ExploGrow™ aangewend word deur ‘n besproeiingstelsel om onder die boonste en droë grondlaag in te dring. Oorwegend lyk die bolaag droog, maar die voginhoud sal gewoonlik verhoog met diepte.

Kan die gebruik van ExploGrow™ help om die weerstand teen droogte van my tuinplante te verbeter?

Ja, ExploGrow™ beskik oor verskeie mikrobes insluitend Rhizobia en Azospirillumfamilies, wat bekend is om spanningsweerstand in plante te verbeter deur die beskikbaarstelling van Trehalose, ‘n natuurlike plantsuiker, wat plante beskerm teen droogte, temperatuuruiterstes en teen sout.

Sal blootstelling aan sonlig en UV strale ExploGrow™ mikrobes beskadig?

Ja, langdurige blootstelling aaan direkte son en UV-bestraling kan die mikrobes doodmaak, daarom is dit belangrik om ExploGrow™ in ‘n sonvrye omgewing te stoor. Ons bevel ook aan dat ExploGrow™ met drupbesproeiing toegedien word,om te verseker dat die mikrobes onder die toplaag wat aan die son blootgestel is indring.

Vir spulpunte en sprinkelbesproeiing beveel ons aan dat ExploGrow™ laatmiddag aangewend word om blootstelling aan warm son te beperk voor die mikrobes die grond binnedring.

Wat is the optimale pH van die besproeiingswater vir die aanwending van ExploGrow™mikrobes?

Neutraal tot effens suur (pH van 6-7).

Die beste tyd van die dag om ExploGrow™ in u tuin aan te wend?

Ons beveel aan aan dat ExploGrow™ laatmiddag aangewend word om blootstelling aan warm son te beperk voor die mikrobes die grond binnedring.

Moet ExploGrow™ geskud word voor aanwending?

Ja, ons bevel aan dat ExploGrow™ goed geskud word voor en tydens aanwending.

Sal ExploGrow™ my besproeiingstelsel of toerusting verstop?

Nee, nietemin beveel ons aan dat, indien mikrobiese voedsel (soos van tyd tot tyd deur ons aanbeveel afhangende van grondtoestand) saam met ExploGrow™ aangewend word, dat die hele stelsel na aanwending uitgespoel word met skoon water om groei binne die stelsel te verhoed. Ook moet ExploGrow™ behoorlik gemeng word voor aanwending.

Is ExploGrow™ skadelik vir mens en dier?

ExploGrow™ is nie skadelik vir mens, dier of omgewing nie. Sien MSDS hieronder.

MATERIAL SAFETY DATA SHEET (MSDS)

Click here to open MSDS PDF: ExploGrow™ MATERIAL SAFETY DATA SHEET (MSDS) PDF


Related case studies

Rekord Uie oes breek gemiddelde opbrengs van 55 ton per ha met 104 ton per ha Read more

Limpopo boer moedig alle boere, provinsiale en landelike regeringsdepartemente om al hulle gewasse met Explogrow™ Biobemesting te behandel Read more