Limpopo aartappelboer verpletter 60 jaar oue plaasrekord met 88 ton per hektaar
Foto van nog 'n aartappelplaas in Limpopo (ook behandel met ExploGrow™ organiese bemesting)

Sandveld, Wes-Kaap
Terugvoer van drie plaasproewe in die Sandveld het 'n ekstra 10, 15 en 16 ton per hektaar opgelewer. Die Viking-aartappelspesialis het berig dat die 16 ekstra ton per hektaar ongeveer R100,000.00 per hektaar ekstra inkomste vir die boer opgelewer het.
Dit is gelykstaande aan 'n opbrengs op belegging (ROI) van ongeveer 2500%!
Limpopo aartappelboer bereik 88 ton per hektaar, ‘n nuwe plaasrekord vir 60 jaar
Nadat die boer die positiewe effek waargeneem het op van sy ander gewasse, het hy “ExploGrow™ bio-fertiliser” by sy standaard aartappel kunsmisprogram gevoeg.
- Hy het geen kontrole areas uitgelos nie (slegs jaar-tot-jaar vergelykings)
- 8 tot 10 liter ExploGrow™ was met behulp van spilpuntbesproeiing per hektaar toegedien
- 18 aartappellande is toegedien met ExploGrow™ (bietjie meer as 100 hektaar)
- Nuwe plaasrekord: 88 ton per hektaar is ge-oes per hektaar op een van die
aartappellande
Die boer se opmerkings:
- "Baie tevrede met die opbrengs, kwaliteit en grootte wat beter was as die gewone jaar-tot-jaar gemiddeld”.
- "Die aartappelplante het so sterk en gesond gegroei dat dit gelyk het asof daar nog vele meer aartappels van hulle ge-oes kon word, maar ons het nietemin by ons beplande oesdatums gehou."
- "ExploGrow™ het deel van ons toekomstige bemestingsprogram geword, en ons
beoog om minder chemiese kunsmis te gebruik en bietjie langer groeiperiodes te beproef."
Die nuwe plaasrekord het + 6 ton per hektaar verbeter en was + 23 ton per hektaar bo ons gemiddelde beoogde opbrengs.
Die boer (wat in Limpopo geleë is) het ons uitgenooi om enige ernstige aartappelboere te bring om vir hulleself te kom sien. Kontak ons gerus indien u belangstel om ‘n afspraak te maak.

Foto's: Aartappelplaas, ook in Limpopo. Die aartappelplante in hierdie foto's is ook behandel met ExploGrow™ biologiese bemesting. Die eienaar van hierdie aartappelplaas was ook besonder beïndruk deur die grootte van die aartappels wat tot 'n beter algehele opbrengs gelei het.