Voorlopige waarnemings vir veelvoudige gewasse tydens ‘n omvattende waarnemingsreis deur Suid Afrika Aug/Sep 2018

Piesngbome met ExploGrow™ behandel en dieselfde tyd as die beheer geplant (wintergroei)

Piesangbome in Tzaneen, Limpopo

  • Piesangbome behandel met ExploGrow™ ‘n paar weke voor die winter
  • Al die piesangplante getoon, is op dieselfde tyd geplant
  • Daar was ‘n merkwaardige verskil in grootte en plantgesondheid tussen die ExploGrow™ behandelde plante en die beheer

Die ExploGrow™ piesangplante het geringe skade gely op die plaas, want ‘n honger seekoei het ‘n hele paar ExploGrow™ plante gevreet. Bloot net toeval of miskien omdat die ExploGrow™ piesangplante se brix (suikergehalte) heelwat hoër was as die beheerplante, waar hy nie gevreet het nie!

Aartappels met organiese multimikrobiese misstof behandel

Potatoes With An Organic Poly Microbial Bio Fertilizer

Aartappels in Louis Trichardt, Limpopo Provinsie

  • Foto’s bo: Aaartappelboer verwag ‘n groot oes en vertel dat hy dit nog nie beleef het dat hierdie aartappelvariteit, konststant sulke groot aartappels produseer het nie. Hy voeg by dat in hierdie oes, met hierdie aartappelvariteit, dit die grootste aartappels is wat hy nog ooit beleef het. Meer dfata volg binnekort.
  • Foto onder:Aartappels 4 weke voor die oes geneem van een aartappelplant met ExploGrow™ behandel.

Die boer is in die wolke en verwag ‘n uitstaanoes!

Aartappel oes resultate: Limpopo aartappelboer verpletter 60 jaar oue plaasrekord en behaal 88 ton per ha

Potatoes With An Organic Microbial Biofertilizer

Wortels met organiese multimikrobiese misstof behandel

Carrots Grown With Organic Microbial Biofertilizer

Wortels in Brits, Noordwes Provinsie

  • Foto bo links: versamel wortels uit beheergebied
  • Foto bo regs: Versamel wortels uit ExploGrow™-gebied
  • Foto onder, hierbo: reeds op hierdie vroeë stadium was daar ‘n merkwaardige sigbare verskil veroorsaak deur die ExploGrow™-mikrobes

Carrot Grown With An Organic Polymicrobial Biofertilizer

Foto: Vergelyking tussen ExploGrow™ (links) en beheer (regs)

  • Die wortelboer het 2x18 wortels van die ExploGrow™ en beheerwortels uitgesoek en langs mekaar geplaas soos op die foto hierbo
  • Met 2 maande voor die wortels ge-oes sou word, was die boer verslae oor die merkwaardige verskil in blaarmassa en wortelgroottes

Daar was ook ‘n aansienlike verskil in die smaak met ExploGrow™-wortels baie soeter (Brix) op hierdie vroeë stadium.

Die wortelboer het goedgunstelik onderneem om volledige data te versamel en met ons te deel, rakende hierdie proefneming, wat ons uiteraard na die oes hier sal publiseer.

Beet met organiese multimikrobiese misstof behandel

Beetroot Grown With An Organic Polymicrobial Biofertilizer

Beet in Noordwes Provinsie

  • Foto’s geneem 6 weke voor oestyd
  • Vergelykende beetfoto’s (a) links en (b) regs bo. Die beetboer het 2x15 Beetplante gekies en langsmekaar geplaas.
  • Die sigbare resultaat is merkwaardig met baie groter blare en bolle
  • Foto regs onder: Vergelyking tussen die grootste ExploGrow™ behandelde beet en grootste beheerbeet

Nota: Die beheergebied is infekteer deur Rhizomania (‘n plantsiekte/virus genaamd BNYVV (Beet Necrotic Yellow Vein Virus)), wat deur die grondfungus Polymyxa Betae oorgedra word. Rhizomania mag tot swaar verliese lei in beide opbrengs en kwaliteit.

Neem ook kennis: Dit wil voorkom dat die ExploGrow™-gebied nie ge-affekteer is deur die siekte nie/ Die boer het nietemin onderneem om ge-infekteerde plante in die Explgrow-gebied oor te plant om vas te stel:

  • Of die ExploGrow™ behandelde plante sal voortgaan om weerstand te bied teen verspreiding en/of Rhizomania nie
  • Of die geinfekteerde plante sal herstel in die ExploGrow™ behandelde grond, aangesien die ExploGrow™ mikrobes na verwagting die plante se gesondheidsvlakke en gevolglik die immuunstelsels sal verbeter

Weereens het die boer goeguntestelik ingestem om data te versamel en met ons te deel vir publikasie hier net na die oesinsameling.

Belangrike Nota: Dit word nie geinsinueer dat ExploGrow™ effektief is teen Rhizomania nie. Huidiglik berstaan daar geen teenvoeter nie en dit wil voorkom dat daar geen chemiese middel bestaan om dit te beveg nie. Die enigste oplossing tans is om weerstandbiedende beetvariteite aan te plant.

Saaduie met organiese multimikrobiese misstof behandel

Seed Onions Brits With Organic Biofertilizer

Saaduie in Noordwes Provinsie

Foto hieronder: Saaduie vergelyking

  • Die saaduie boer het twee bosse (behandel/onbehandel) saaduie uitgelê vir vergelyking.
  • ‘n Paar weke voor die oes en die boer was hoogs tevrede met die groter, meer eenvormige en hoër verhouding van suksesvolle bolvorming in die ExploGrow™-behandelde uie – onderste ry van die foto hieronder.

Die boer het goedgunstelik ingestem om meer data te versamel teen oestyd en weer met die herplanting van hierdie saaduibolle gedurende die volgende plantseisoen.

Seed Onions With Organic Poly Microbial Biofertilizer

Volwasse Macadamianeutbome met organiese multimikrobiese misstof behandel

Mature Macadamia Nut Trees And Newly Planted Macadamias With Organic Microbial Bio Fertilizer

Macadamianeutbome in Tzaneen, Limpopo Provinsie

Foto regs (geneem 14 August 2018)

  • Nuut oorgeplante Macadamianeutboom, wat behandel is met ExploGrow™ net voor die winter.
  • Merkwaardige groei sigbaar in die boonste derde van die boom. Gesonde blaarvorming het plaasgevind en die boom kan nie anders beskryf word as totaal gelukkig in sy nuwe mikrobesomgewing nie!

Foto’s links (bo en onder)

  • Volwasse Macadamianeutbome met ExploGrow™. Behandel.

Die bome toon nou tekens van ‘n baie groter oes as verwag (in vergelyking met onbehandelde bome). Meer data volg binnekort.

Ander Gewasse

Vegetables And Tree Crops Grown Using Organic Bio Fertilizer With A Poly Microbial Blend

Butternut: Louis Trichardt, Limpopo Provinsie

Foto bo links

  • Botterskorsie (kultivar Quantam) – normale opbrengs 35-50 ton/ha.
  • Die boer het met ExploGrow™ behandeling 64 ton/ha ge-oes.

Uie wat herstel het van potensiële misoes in Louis Trichardt Limpop met ExploGrow™.

  • Die uie hier getoon (onder links) is van ‘n plaas waar die boer ‘n misoes verwag het. Gelukkig het die boer gehoor van die ExploGrow™ effek op uie en het hy op hierdie laat stadium, ‘n halwe dosis ExploGrow™ toegedien.
  • Die uie het herstel en hy verwag nou ‘n bogemiddelde opbrengs.

Veselperskes en Sitrus, Tzaneen, Limpopo Provinsie

  • Groot proefnemings in proses op een van Suid Afrika se grootste veselperske-uitvoerplase (produseer ook sitrus).
  • Voorlopige verslae van die plaasbestuurder dui aan dat hulle hoogs tevrede is met die ExploGrow™-proewe sover, insluitende veselperskes (foto onder regs) en sitrus (foto bo regs).

Ons vertrou om meer data van al die boere teen oestyd te ontvang, en met hulle toestemming sal meer gevallestudies hier publiseer word.


Related case studies

Rekord Uie oes breek gemiddelde opbrengs van 55 ton per ha met 104 ton per ha Read more

Limpopo boer moedig alle boere, provinsiale en landelike regeringsdepartemente om al hulle gewasse met Explogrow™ Biobemesting te behandel Read more