Toepassingsriglyne van organiese polimikrobiese bio-bemesting vir optimale resultate

Algemene toepassingsriglyne vir ExploGrow™:

Vir optimale resultate kontak ons of u naaste ExploGrow™ agent.

  • Die standaard toedienings hoeveelheid is 7-10 liter per/ha. Verdun in voldoende water om die 7-10 liter per/ha te spuit.
  • As u NPK-produkte gebruik, kan aanwending van NPK verminder word met 50% (of selfs laer in verskeie gevalle) wanneer u ExploGrow™ gebruik. In elk geval raai ons u aan om u kunsmisprogram te bespreek met 'n ExploGrow™-konsultant.
  • Indien Grond Organiese Materiaal (OM) laag is (m.a.w. swaar sand of swaar kleigrond) verhoog die aanvanklike toedieningshoeveelheid met 5liter / ha vir alle toepassings.
  • Vermy uiterste bergings temperature. Berg by 5-27°C
  • Kalibreer altyd jou spuitapparaat voordat aanwending gedoen word om te verseker dat aanbevole toedieningshoeveelhede per hektaar toegedien word
  • Dien toe in die laatmiddag of sononder om optimale absorpsie te verseker
  • Vir tweede toediening: Blaarbespuiting word voorgestel

Aanwending

ExploGrow™ kan saam met jou besproeiingswater toegedien word deur middel van 'n besproeiingstelsel waarop daar ʼn meter aangebring is om die hoeveelhede wat toegedien moet word te reguleer.

Produk kan ook saam met vloeibare NPK toegedien word. Moet nie ExploGrow™ saam met swamdoders, berokingsmiddels of plaagdoders toedien nie. Voordat u saam met onkruiddoders en alle ander produkte aanwend, moet u asseblief navraag doen by 'n ExploGrow™ konsultant.

Roer

  • Die produk moet liggies geroer word voor toediening. Gooi die houer eers uit in kleiner houers voordat dit in die spuit gegooi word.
  • Grootmaat vate en houers moet geroer word voordat dit na die spuit oorgedra word (kan d.m.v. lugdruk of spaan geroer word)

pouring-Explogrow-into-boomspray-pump

Toepassingsriglyne van organiese polimikrobiese bio bemesting vir die volgende gewasse en verbouingspraktyke:

  1. Gars, Koring, Hawer, Rog, Sonneblom, Sorghum ens
  2. Katoen
  3. Mielies, Suikermielies, Milo-sorghum, Canola, Sonneblom
  4. Sojabone
  5. Somer grasse (Weiding)
  6. Somer grasse en gewasse (Hooi) en Lusern (Alfalfa)
  7. Okra, Peperfamilie, Paprika, Eiervrug ( Aubergine)
  8. Bone: Limabone, Groen, Nierbone, ens
  9. Blaargroen Slaai, Kool, Spinasie, ens
  10. Komkommers, Pampoentjies, Pampoene, Waatlemoen, ens
  11. Aartappel, Suikerriet, Sout- en Soet Patats
  12. Druiwe, Wingerde, Bloubessies, Swartbessies, allerlei Vrugte variëteit ens
  13. Aarbeie
  14. Grondboontjies
  15. Rys
  16. Bome en Struike
  17. Cassava
  18. Mango-, Avokadobome
  19. Sitrus
  20. Rambutans
  21. Lietsjie, Pekanneute en ander Neutbome o.a. Makadamia
  22. Uie en Knoffel
  23. Rubberbome
  24. Seisoenale (Blomme en Groente)
  25. Meerjariges Blomme (marigolds, petunias, ens. )
  26. Granate
  27. Koffie
  28. Suikerriet
  29. Turf Plase – aangeplante gras vir grasperke
  30. Atletiekbane
  31. Gholfbaan – Skoonvelde en Setperke
  32. Daglelies en ander Bolplante
  33. Hidroponika
  34. Tabak
  35. Tamaties
  36. Tonnelproduksi

DSC0039

Related case studies

Rekord Uie oes breek gemiddelde opbrengs van 55 ton per ha met 104 ton per ha Read more

Limpopo boer moedig alle boere, provinsiale en landelike regeringsdepartemente om al hulle gewasse met Explogrow™ Biobemesting te behandel Read more